Dankbaarheid is 'n Opdrag van God

Om Dankbaar Te Wees Is ‘n Opdrag Van God

Wat leer die Bybel ons oor dankbaarheid, bv. In 1 Tessalonisense 5:18 staan dat ons in alle omstandighede dankbaar moet wees in God en Habakuk (3:17-19) leer ons dat al sou die vyeboom nie bot nie, m.a.w. al lyk jou finansies beroerd, of jou omstandighede donker, of jou verhoudings troebel, moet jy nogtans dankbaar wees vir wat God gee. Soms is jou ompad wat jy stap juis die op pad wat God vir jou beplan. Dankbaarheid moet deel van jou en my, as kinders van God, se lewens wyse wees. God beveel dit. Rick Warren, ʼn bekende skrywer noem ’n paar redes waarom ons moet dankbaar wees wat toe ek dit lees vir my nogal dankbaarheid in ’n nuwe lig gestel het. Ek wil dit graag deel.

 Hy noem dat:

  1. Dankbaarheid is eer God. Onthou egter jy moet God in goeie en slegte tye dank. Dank Hom vir Sy wysheid, onverdiende liefde en oneindige genade, maar bo alles dank Hom elke oggend omdat jy jou oë kon oopmaak. Besef jy dat al stel jy jou wekker, is dit nog steeds slegs God se genade wat jou laat wakker word.
  2. As jy dankbaarheid teenoor ander toon, lei dit tot dieper verhoudings tussen jou en ander. Dit laat my onmiddellik dink aan wat gesê word van dat jy aan ander moet doen wat jy aan jouself gedoen wil hê. Dink bietjie vir ’n oomblik net hoe lekker dit voel as iemand vir jou dankie sê. Jy kan ander mense ook só laat voel.
  3. En as jy met dankbaarheid aan God se beloftes bly vashou en glo en omdat jy weet Hy’t belowe dat Hy jou nooit sal begewe of sal verlaat nie, en met dankbaarheid glo en vertrou op God, dan groei jou geloof. Hoe sterker jou geloof raak, sal jy ook al hoe dankbaarder raak omdat jy nou al hoe meer besef hoe groot en wyd is God se genade in jou lewe is.
  4. Deur dankbaar te wees, gee dit jou ’n bediening van diensbaarheid want nou sien jy ander soos God hulle sien en jy besef ook hoe baie God se seëninge in jou lewe is. Om ander te dien beteken ook nie net fisies nie, maar Geestelik ook. Wees net daar vir mekaar.
  5. Deur dankbaarheid te openbaar is jy ’n getuie van God se goedheid in jou lewe, vir ongelowiges om te sien. Baie mense is ondankbaar en onvergenoeg met en in die lewe. As jy dus kom en dankbaar lewe skok jy hulle eintlik of soos daar gesê word: “you are rocking their boat”, want eintlik wat jou dankbaarheid doen is om hulle te konfronteer met die waarheid.

Dankbare mense staan uit. Dis ware feit want weet jy dat jy’s nie gebore om deel te vorm van die wêreld nie, maar om uit te staan. So lewe ’n lewe van dankbaarheid omdat God ons so baie dinge gee om voor dankbaar te wees. Gaan staan uit!!!

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *