Ons weet dat die Heilige Gees die derde Persoon van die Drie Eenheid is. Jy moet verstaan dat die Heilige Gees ’n Persoon is, die Bybel leer ons so – God iś die Heilige Gees en God wat die eerste Persoon in die Drie Eenheid is (Hand 5:3-4) se eienskappe is ook deel van die Heilige Gees. Die Heilige Gees het dus ’n verstand, emosies en ’n wil. Omdat Hy ’n Persoon is, kan Hy dink en weet (1 Kor 2:10), Hy kan bedroef raak (Ef 4:30) en Hy neem besuite volgens Sy wil (1 Kor 12:7-11). Daar is nog baie, Hy’s alomteenwoordig (Ps 139:7-8), alwetend (1 Kor 2:10).

Ons weet nou min of meer wie die Heilige Gees is. Nou vra jy seker: “Nou hoekom moet die H.G. in my lewe wees?” “Hoekom het God Hom as Helper in Jon 14:16;26 belowe?” “Het regtig Sy hulp nodig? Ja want Hy:

  1. Vorm Hy Christus se beeld binne in jou (Ef 3:16-17).
  2. Die H.G. openbaar Homself deur liefde in ons (Rom 13:10).
  3. Ons as God se kinders word deur die H.G. gelei (Rom 8:14-15).

Die H.G. se teenwoordigheids in jou lewe wys dat God se kind is. Daardie stemmetjie of “gut feeling” wat jou waarsku dat iets nie reg is nie, luister maar, want dis die H.G wat jou oortyg van sonde (reg en verkeerd (Jon 16:8). Jy’t ook die H.G. nodig in jou lewe omdat Hy jou toerus met gawes (1 Kor 12) en jy het daardie gawes nodig om nie net in God se Koningkryk te werk nie maar ook om te oorleef in hierdie bose donker wêreld.