Het jy broederĺiefde?

Vandag praat ons oor God wat liefde is. Wat is liefde dan? Liefde is seker een van die mees basiese karaktereienskappe wat Sy kinders moet openbaar en liefde is seker ook een van die intenste emosies wat jy kan ervaar, ook kan jy dit wat jy ervaar maklik mis verstaan, en dan gaan jy seer kry maar ook kan jy ander seermaak. Mense is met hierdie behoefte geskape, en as hierdié basiese karaktereienskap of behoefte ontbreek in jou lewe, sal jy altyd op soek wees na iets om daardie leemte mee te vul. Dit is dan ook op hierdie punt in jou lewe wat jy sal gryp na verkeerde goed, goed soos dwelms, drank, buite huwelikse sex, jy begin glo in dit wat die sterre voorspel ens. Baie verkeerde dinge soos die, wat nie hierdie behoefte sal vervul nie, en wat op die einde dan ook sal lei na lewenswyses wat jou soos ’n mislukking laat voel. Othou al hierdie aardse dinge wat Satan bied, kom nie met ’n waarskuwing dat hierdie dinge jou soos ’n mislukking gaan laat voel nie, of in die moeilikheid gaan bring nie.

Maar die soort liefde wat ons nodig het is die onvoorwaardelike, Goddelike liefde. Die soort liefde waarmee ons God kan liefhê en waarmee God ons ook dan lief het. Daar’s ook ander soorte liefdes soos romantiese liefde, familie liefde soos tussen ouer en kind. Hieroor wil ek dan ook net waarsku dat julle versigtig moet wees, omrede dit hierdie liefdes is waarmee jy jou soms misgis oor wat jy dink wat jy voel en dan troos jy jouself dat jy wel liefde in jou het. Wat doen jy eintlik? Jy vul die leemte. Pasop! Maar wat wel ’n feit is, is dat sonder ware, egte Goddelike liefde in jou lewe, kan jy geen een van die ander liefdes werklik ervaar nie

Maar BROEDERLIEFDE is die liefde wat ek eintlik met julle wil deel. Maar hoe kan jy broederliefde ervaar sonder dat jy die liefde van God in jou lewe het. Jy kan nie! Onthou ons is God se hande, voete en stem hier op aarde, As jy sê dat jy ’n volgeling van Christus is, en God is liefde dan moet jy ook mos vol liefde wees. Ondersoek jouself en vra jouself af of dit so is. Vra jouself die vraag of moet jy dan ook nie met liefde teenoor ander en teenoor jouself moet optree nie. Moet nie vergeet dat ons almal na God se Beeld en geskape. Om broerderliefde teenoor mekaar te bewys is ’n opdrag. In Galasiërs 6 beveel God ons om mekaar se laste te dra, en sonder broederliefde kan jy nie. Sonder liefde, en as jy haat in jou het doen jy skade aan die Beeld van God in jou, en sal jy nooit broederliefde hê nie. In hoofstuk 10 van Romeine besing Paulus die heerlikheid van die voete wat bereid is om die evangelie van vrede te gaan verkondig. Dit is hoe broederliefde lyk, en al voel jy dat jy dit nie kan doen nie, omdat jy nooit ware broederliefde in jou lewe ervaar het nie, wil ek vir jou sê dat jy in beweging moet kom. Jy kan nie uitreik na ander as jy passief is nie.

As jy God se liefde in jou het, dan is jou vertikale verhouding na God toe intak, en dan beteken dit ook dat jou horisotale verhouding met ander intak is. Dit beteken dan dat jy ander begin raaksien deur God se bril met lense wat alles deur liefde sien. Jy begin ander se behoefte voor joune stel. Nou vervul jy die behoefte na liefde wat jy najaag met die regte dinge.

Om terug te kom na ons wat sê dat ons God se hande, voete en stemme hier op aarde is….weet jy, dit beteken nie word ’n prediker of geleerde nie, nee net om te sê God is lief vir jou of praat maar ek luister, wil ek vir jou sê dat jy klaar daar is waar dit saak maak. Dit is broederliefte en sal jy voel dat hoe meer jy dit beoefen en uitstraal, hoe meer raak dit ’n lewenswyse. Dit laat jou goed voel en nie soos ’n mislukking nie, want jy’s nie geskep om soos ’n mislukking te voel nie.

‘n Praktiese wenk wat ek graag wil gee is dat wanneer jy God se liefde binne in jouself ervaar, gaan jy voel asof jy al jou goeie dade op een dag wil doen, en dit sal ’n groot fout wees, want sien dan sal jy nog soos ’n mislukking voel, omdat jy nog foute gaan maak. Vat dit dag vir dag. Besluit op een of twee dade op een dag, en soos ek gesê het dit sal later ’n lewenswyse raak.

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *