hoe-hanteer-jy-woede

Hoe Hanteer Jy Woede?

WOEDE…. is ’n emosie wat ons almal ervaar, maar hoé jy dit hanteer is dit wat saak maak. Ek deel graag met julle omdat ons almal daarmee sukkel, so kom ons kyk wat woede presies is, omdat dit makliker is om iets te beveg as jy om weet waarmee jy te doen het, en kennis daarvan het. Kenners op die gebied beskryf woede as ’n natuurlik, elementêre emosie wat ons as mens gebruik om mee te oorleef, m.a.w. jy is daarmee geskape. Woede word gewoonlik ervaar sodra jy of ek bedreig of verneder voel.

Die intensiteit of grade van woede word op verskillende maniere deur verskillende mense ervaar. Party mense ervaar slegs ’n ligte ergernis of ’n irritasie, party kry selfs ’n woedeuitbarsting.

 

Maar hoekom raak mense kwaad?

  • Eerstens raak party mense kwaad, dood eenvoudig omdat iets nie volgens sy of haar eie wil geskied nie. Baie gevaarlik! Die “EIE EK” is ’n aaklige swak karaktertrek.
  • Die tweede manier is egter die baie gevaarlike een. Dis wanneer jy opkrop en wegsteek en weier om jou gevoelens van woede te erken, dan raak jy bitter, gegrief en jy raak vol haat. Pasop daarvoor, want woede kán baie vernietigend wees as nie erken en deel die situasies wat jou woede laat ervaar nie en dit dan opkrop. As jy dan hierdie gevoelens koester kan dit lei tot aggressie en wraaksug. Dan wonder ons soms nog soms waar hierdie gevoelens vandaan kom. Dis omdat ons weier om te deel met hoe ons voel of dood eenvoudig net weier om te aanvaar daar is wel aspekte van ons karakters waaraan ons moet werk.

Jy moet onthou dis baie onwaarskynlik dat God ons opdrag sal gee om ons woede te beteël as Hy geweet het dis onmoontlik, dus kán menslike woede beheer word. Maar hoe sal julle vra? Hier is ’n paar praktiese punte oor hoe jy jou woede kan beheer:

  •  Deur te erken dat jy kwaad word. Erken dit aan jouself en bly weg van en uit situasies en mense af, wat jou kwaad maak.
  •  Moenie jou woede ontken nie. Woede wat ontken word sal altyd in die pad van jou en vrede staan. Dit lei (reeds genoem) tot bitterheid, jy raak gegrief en vol haat, en al is woede ’n Godgegewe emosie, bly woede sonde.
  • Wees ook bewus dat daar verborge woede kan wees. Simptome wat daarop kan dui is bv. depressie, fisiese simptome, jy’t ’n kritiese ingesteldheid ontwikkel, jy’s ongeduldig, skinder graag want dan omseil jy die waarheid en lewe in “make believe” wêreld en jy weier om jou samewerking te gee. Is enige van die simptome aanwesig by jou?
  • Ons het in punt 2 genoem dat woede nie ontken moet word nie. Jy moet dus uiting gee aan, maar daar is die regte maniere. Daar is ook ’n mite rondom om aan woede uiting te gee. Party sê om stoom af te blaas moet jy skree, vloek, gil of in ’n kussing slaan. Dis ’n stelling wat die Woord NIE ondersteun NIE, en ook die wetenskap nie,
  • Vrae jouself eers die vraag of die woede wat jy het geregverdig kan word, m.a.w. mag jy
    kwaad raak in hierdie situasie.
  • As jy eerlike voel dis geregverdig dat jy mag kwaad raak, kan jy soos sommige mense sport of stokperdjies gebruik as uitlaat klep.
  • Probeer regtig om jou uitbarstings te beperk, maar as jy wel ’n woedeuitbarsting kry
    dat kinders dink voordat hulle optree.
  • Dit is ook beter om totaal en al verbale uitbarstings te vermy, want sê Spreuke dan nie dat woord krag dra nie, en onthou dat as jy iets hardop uitspreek, kan jy daardie woorde nooit terugtrek nie, en daarom is dit regtig vanpas dat jy slegs I mond, en 2 ore het. Luister dan eers mooi en dink oor dit was jy hoor, en inneem dit in en verwerk dit dan praat jy eers. Dis nogal ’n lang proses maar dis sal keer dat jy die verkeerde woorde kwytraak.
  • Moenie heeltyd herkou aan dinge wat verby is nie, want dit steel jou vreugde.
    Mense wat kwaad is wil gewoonlik die ander party terugkry en dan verloor hulle fokus, maar as Iemand jou seergemaak het en jy voel kwaad, sê dit vir hom/haar.
  • Wat ook baie help is om jou gevoelens te verwoord in briefvorm. Glo my dit help. Want as jy eers begin skryf dan vloei die woorde net.

Woede kán ook sy oorsprong hê in sielkundige, interpersoonlike, fisiese of geestelike probleme. Iemand wat fisies of verbaal mishandel word het gewoonlik ’n opgekropte woede, maar as jy dit “verloor” het soos ons sê, dan voel jy nog steeds ellendig, depressief en ondoeltreffend in dit wat jy doen en jy voel onaanvaarbaar vir ander. Dis ’n bose kringloop want dit lei tot destruktiewe verhoudings, huwelik konflik, eggenote se koudheid teenoor mekaar, kinders wat uitbarstings kry en talle fisiese en geestelike siektes. Verder veroorsaak dit dat jy net nie kán “cope” met uitdagings soos siektes, ongelukke, verliese en finansiële stres nie, m.a.w. jy voel bedreig. Die teendeel is egter ook waar, want as jy weet watter situasie of gebeure laat jou woede opvlam, en jy kan daaraan werk, en dan kan woede eintlik baie konstruktief wees.

 

Daar is verskeie benaderings bv.

  1. Die instink benadering sê onder andere dat woede vanuit jou binneste kom, dis ’n tipiese biologiese dryfkrag. Hierdie dryfkrag word gewoonlik deur ’n vyandige omgewing, die handelinge of optredes van ander mense teenoor jou en baie keer die beperkings of tekorte wat jy mag ervaar om in hierdie lewe te kan oorleef.
  2. Die ander benadering is die frustrasie-aggressie benadering. Gewoonlik as party mense frustrasie ervaar trap hulle gewoonlik in daardie strik van uiting gee aan woede deur aggressief te word.
  3. Ons kan ook die derde benadering verkies en dit is die sogenaamde sosiale benadering wat weer woede sien as ’n emosionele staat. Daar is ’n paar bv. Soos reeds genoem speel die biologie ’n rol, maar ook as daar onregverdig teenoor jou opgetree word. Jesus is hier seker die beste voorbeeld. Hy was onregverdig onherkenbaar vermink en gekruisig en nooit een keer het Hy in woede “ontplof” nie. Ook ervaar geen een van ons situasies dieselfde nie, soos ook reageer ons dan verskillend.

Kom ons kyk bietjie na God se opdragte in Sy woord oor woede vir ons. Noudat ons weet wat woede is en hoe ons dit moet of nie moet hanteer nie, kan ons bietjie kyk na die oorsake hoekom ons woede ervaar. Deur die volgende vrae eerlik vir jouself kan vra en antwoord kan jy bepaal in watter areas in jou lewe jy aan moet werk.

 

Wat maak jou kwaad?

  • Hoekom ervaar ek woede en nie ’n ander emosie nie?
  • Maak ek gevolgtrekkings oor die situasie of persoon wat my kwaad maak?
  • Is daar iets omtrent hierdie situasie wat my bedreig en my bang of minderwaardig laat voel?
  • Het my woede ontstaan omdat ek onrealistiese verwagtings gehad het?
  • Hoe beskou ander, insluitende die persoon wat my kwaad maak, die situasie?
  • Is daar dinge wat ek kan doen om die situasie te verbeter sodat my woede kan afneem?

Ons het nou genoeg wenke oor hoe om ons woede te hanteer moet maar van al hierdie is die heel beste seker die feit dat God liefde is, want sonder God se liefde binne in jou kan jy geen een van hierdie wenke toepas nie. Hy het ons immers ’n gees van krag en liefde en selfbeheersing gegee. Jy het dit, so gebruik dit om daardie woede te hanteer .

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *