My Storie

Die wonderwerke wat God in my lewe gedoen het en waardeur  Hy my gedra het, gee my daardie vrede en hoop en wete van die ewige lewe.

In 1984, kry ek my eerste 2 breinoperasie na ’n sport besering wat ’n skeur tussen my breinvliese veroorsaak het. God dra my deur maar op daardie stadium was ek nog net gelowig en glo my daar is ’n reuse verskil tussen gelowig en gered wees. Maar as jy jou hart oorgegee het aan Hom, al is jy onkundig, belowe Hy dat niemand of niks, nie eers die dood nie, jou uit Sy hande sal ruk nie. Dit was my eerste wonderwerk wat God in my lewe gedoen het….EK LEWE (ets wat ek eers later besef het). Elke gebeurtenis in ons lewens gebruik God om ons te vorm, en soms het Hy nodig om jou plat op die nederigste posisie te kry om te kan werk in jou lewe.

Vir 24 jaar gaan dit goed. Ek gaan deur al die stadiums van begin werk, trou, en kinders kry. In 1998 begin ek egter ewe skielik erge epilepsie aanvalle kry. Ek kry soms tot 9 aanvalle op ’n dag. Die doktors ontdek ’n tumar teen my brein en dit kan nie verwyder word nie. Hulle doen ’n derde operasie en sit ’n VP shunt in om drukking te dreineer. Ek kry eendag na so klomp aanvalle ’n hartstilstand. Vir sekondes was ek anderkant die graf, maar onthou julle, ons is in God se hande. Die doktors kon my weer bybring my, met ander woorde,  skok my sodat my hart weer begin  klop en dit doen. En Hy doen die tweede wonderwerk

Die jaar einde 1999 begin 2000 gaan ek in status epilepsie. Dis wanneer jy aaneen aanvalle kry sonder onderbreking . Om dit te breek moet hulle jou brein met narkose sedeer. Die doktors doen dit en as gevolg van hulle nalatigheid (wat God soms gebruik om Sy majesteit te openbaar) gaan daar fout.  Ek gaan in ’n 10 maande koma in. Daar gaan ek ’n beroerte deur, maar weereens God dra my deur, Hy bewaar my. Nog  ’n wonderwerk.  Ek hoor hoe sê die doktor dat ek dood (ja jy hoor as jy in ’n koma is) gaan, en later dat die masjien af gesit moet word indien dit nie verbeter nie – maar ek bly leef.  Julle sien God bepaal  daardie dag en nie mense nie.   Net  daarna sê die doktors dat aangesien ek nie doodgaan nie, ek verstandelike gestrem gaan wees en God doen die grootste wonderwerk  in my lewe, ten spyte dat die doktors wat dood spreek –  word ek wakker na 10 maande. En soms doen God iets so groot, eintlik te groot vir ons om te verstaan; want ek was blind, van my nek af verlam, kon nie sluk nie, nie praat nie, het ‘n voedingsbuis in en is op doeke. Terwyl niemand eens besef het ek is eintlik  ook daar nie, ek het ook alles ingeneem, maar kon nie reageer nie. Wat vir almal lyk dat dit onmoontlik is, maar gelukkig, wat ons sien as onmoontlik, is vir God moontlik.

Hy raak my aan en stap vir stap kom alles weer in lyn. My sig kom terug, my spraak, ek leer weer sluk en die voedingsbuis word verwyder en my verlamming herstel tot van waar ek eers ’n kwadrupleeg was, is ek nou ’n parapleeg. Die VP shunt verstop en deur ’n vierde operasie dra God my nog ’n slag deur. Die merkwaardigste vir my is dat ek geen breinskade het nie. Selfs toe ek nie bewus was nie, bewaar my God my verstand. My tweede kans….my derde  wonderk. Hy raak my so aan dat ek doen al 10 jaar Hesperos se menslike hulpbronne en ek het pastorale berading studeer wat ek laas jaar (2019) voltooi het.  God het my ten spyte van wat oor my uitgespreek was en ten spyte van my verkeerde keuses, terug gesit in die baan op pad na die destinasie  wat Hy vir my het, die roeping wat Hy op my lewe gesit het. Die grootste wonderwerk sover vir my was dat die brein tumar na negentien jaar weg is, en dit kan net God doen.

Moenie dat enige iets wat mense sê saak maak nie, en moenie jouself afsonder van jou geestelike familie nie. Dis ons grootste en sterkste ondersteuning sisteem wat God ons gee, hier op aarde. En as enige iemand sê wonderwerke gebeur nie meer nie, weet net dieselfde wonders wat Hy in die Bybel gedoen het en in my lewe gedoen het, sal Hy ook vir jou doen. Daar is ʼn koortjie wat sê “let go and let God have His wonderful way”.  

Similar Posts

10 Comments

  1. Het nie woorde nie. ‘God works in mysterious ways’. Ek is n Ryker men’s met jou as n voorbeeld en vriendin. Go girl.

  2. Halo Carine. Jou verhaal is elke keer wat ek dit hoor of lees so n aansporing en n bemoediging. Nooit het ek jou nog hoor kla nie, net oor God se goedheid hoor praat. Voorspoed vir die toekoms. Mag jy net van krag tot krag gaan.

  3. Truly blessed, So great seeing the hand of God work in your life. You are a living testimony.

  4. Dit is ‘n voorreg om Carine te kan ken. Wat ‘n mooi lewensverhaal. Ek is betrokke by Hesperos en het haar daaglikse moeilikhede wat sy ervaar gesien. Sy het al baie krisisse deurgewerk…het die pragtigste 2 kinders waarop sy soo trots is!
    Hierdie vrou is voorwaar ‘n Engel van God! Mag jy net van krag tot krag gaan Carine en alle voorspoed vir jou blog!

  5. Wat n getuie. Ja ons Koning Jesus lewe. Waarlik HY het opgestaan en SY beloftes sal HY in vervulling bring. Dit is n getuie wat die wereld moet hoor- en weet dat ons n Almagtige Vader dien. Sterkte en baie seen met jou blog.
    KATRIEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *