Geloof en Werke

Geloof sonder werke is “dood” …… Hoe lyk jou geloof?

Jy kan nou vra maar hoe sal ek weet hoe my geloof lyk……. is dit ook “dood” of “lewe” dit.
Kom ons soek die antwoord van hierdie vraag in God se Woord. Jakobus verduidelik dit so
mooi in Jak 2:14-26. Hier sien ons duidelik: dat geloof sonder werke dood is – Jy kan nie net
jouself verhard, en bo-oor ander mense se fisiese behoeftes kyk nie, en dan nog jou gewete
probeer sis deur vir iemand te sê gaan trek warm aan of eet genoeg, maar jy weet voor jou
siel daardie persoon nie kos of warm klere het nie, dis dan wanneer Jakobus sê dat jou
geloof sommer meer dood is. Die dag toe jy Jesus as jou Verlosser aanvaar het, het jy
aangemeld vir diens in God se Koningkryk en as jy wil weet hoe opregte geloof en jou werke
moet lyk lees net wat Jakobus skryf en onthou dat God al die skrywers in die Bybel
geinspireer het – so dis Sy woorde.

Jakobus skryf in vers 26 dat ’n liggaam sonder ’n gees dood is, en so ook is geloof sonder
werke “dood”. Kom ek stel dit baie eenvoudig: ons almal weet dat as jy nie asem haal nie, is
jy dood, net so ook kan ons sê dat geloof sonder werke“dood” is. Werke is m.a.w geloof se
“asem”. Sonder daardie asem in jou geloof, sal jou geloof gelykstaande aan die “wêreld” s’n
wees, en sal jou geloof nooit so groei dat jy ander se swaerkry en behoeftes sal raak sien
nie. God gee ’n baie duidelike opdrag of kom ons sê “tip” in Matt 28:19-20: Hy sê dat ons
moet: “ Gaan na al die nasies toe en maak die mense Sy dissipels: doop hulle in die Naam van
die Vader en die Seun en die Heilige Gees” God sê nie sit nie, Hy sê gaan heen, m.a.w ons
moet dit doen!

Die woord – sit is passief – maar die woord – gaan is ’n werkwoord – . As jy aanmeld vir
diens beteken dit tog dat jy kom werk. ‘n Baie goeie voorbeeld wat ek kan gee uit ons dag
tot dag lewe is dat jy jouself tog nie sal laat koud kry nie of sal laat honger lei nie, want jy is
lief vir jouself, m.a.w dit wat jy aan jouself gedoen wil hê, moet jy ook aan ander doen –
amen – daarom is dit so belangrik om geloof te hê soos Jakobus skryf en as jou broer of
susters iets kortkom, en jy kan dit gee, dan moet jy dit voorsien. Moenie net die regte
geluide maak om godsdienstig te klink vir die wêreld nie deur vir iemand te sê gaan trek
warm aan en eet genoeg nie, maar jy gee hom/haar nie wat hulle nodig het nie, want sê
Jakobus in verse 18-19 dat so ’n geloof niks baat nie want so ’n geloof is “dood”. Die grootste
gebod in die wet is dat die Here jou God moet LIEFHȆ MET JOU HELE HART, SIEL EN VERSTAND en die tweede grootste gebod in die wet is dat JY JOU NAASTE MOET LIEFHȆ SOOS JOUSELF! Mattheus sê ook in Matt 22: dat in hierdie 2 gebooie is die hele wet en profete saamgevat sonder hierdie gebooie sal jy nooit sensetief kan wees vir ander se behoeftes nie en jou geloof nooit sal “lewe” nie.

Kom ons kyk na die gelykenis van die ryk jong man en Laserus: die ryk jong man het letterlik
elke dag oor Laserus geval en het nooit sy swaerkry raakgesien nie, omdat sy geloof wêrelds
was. Toe kom albei tot sterwe en toe kom spyt, te laat, want spyt kom mos altyd te laat,
want al waar ons ’n verskill kan maak is aan die kant van die graf.

Ek het ’n storie gehoor van die man wat elke week blomme op sy vrou se graf gaan sit, en
elke week is daar ’n Chinese man ook, wat ’n pakkie rys op sy vrou se graf kom sit, na tyd
kon die eerste man dit nie meer hou nie, en vra toe die Chinees wanneer hy dink hy sy vrou
sal die rys eet, waarop die Chinees antwoord: wanneer jou vrou daardie blomme kom haal!
– en hieruit sien ons hoe belangrik dit is dat jy goed sal doen aan ander hier op aarde (die
kant van die die graf). Soos ek hier bo genoem het: jy kan slegs ’n verskil aan die kant van
die graf maak en dit bepaal of jy die ewigelewe of die ewige hel beërwe. Alhoewel God die
groot `Voorsiener is, is ek en jy Sy hande en voete hier op aarde en moet ons onsself oopstel en
onsself as werktuie daar stel vir God om deur ons te kan werk. Omdat jy sal maai wat jy saai soos in Gal: 6:8-9. staan Dit is een van die basiese reëls of standaarde waarvolgens enige Christen moet lewe.

God wil jou ook seën, maar Hy kan nie as jy met “toe” hande deur die lewe gaan nie, en nie met
ander mense wil deel nie. As jy goed aan jou medemense doen en aan hulle gee wat hulle nodig het, fiesies sowel as geestelik, sal God jou só seën dat jy genoeg het om altyd te hê en te gee. Die
Psalmdigter sê dat net goedheid en guns sal ons volg Ps 23:6, en ook sê God dat as jy dit aan een van die geringstes doen, doen jy dit aan Hom. Daarom is dit so belangrik dat jy goed aan ALLE mense sal doen want jy sal nooit weet of God in die vorm van ’n boemelaar, dronklap of bedelaar voor jou staan nie.

Daarom wil ek jou uitdaag, laat jou geloof lewe sodat God jou kan gebruik. Wees so beskikbaar.

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *