Die Genade, Liefde en Barmhartigheid Van God Is Kosbaar En Nodig In Ons Lewens
Kom ons praat bietjie oor God se genade, liefde en barmhartigheid. ‘n Anonieme skrywer beskryf liefde, genade en barhartigheid vir my so raak as hy/sy skryf dat “liefde en genade en barmhartigheid” beteken dat ons eintlik dit wat ons nie verdien nie, kry, en ook net so kosbaar is, wat William Barclay gesê het “Alhoewel God se genade so vrylik vir ons besikbaar is, mag ons dit nooit as vanselfsprekend of goedkoop beskou nie. Dit is altyd raadsaam om aan genade te dink as ’n voorreg wat waardeer moet word, eerder as toestemming om ons eie kop te volg.” God se Genade is so groot dat Hy Sy Seun stuur om my en jou straf te dra! Seker dié beste voorbeeld van God se genade, is die rower aan die kruis. Daardie man het niks verdien nie. Sy lewe was sleg en van God verwyderd, maar vir God maak dit nie saak wie of wat jy is nie, ook nie wat jy gedoen het nie – Hy’t jou duur gekoop met Sy kosbare bloed, jy’s Syne (Jes 43:1)!!
Maar ook kan ons God se genade misbruik, en ons lees van sulke mense in Judas vers 4 waar ons vermaan word teen dwaalleringe en mense wat voorgee, want eintlik wil hulle ons kom beroof van die voorreg van hierdie wonderlike gawes van God, want as hulle dit regkry om jou te laat twyfel, beroof hulle jou van jou genadegawe van die ewige lewe. God onttrek dan Sy gehandehand van jou, en as dinge begin skeef loop, en jy vra vrae soos: “hoekom God?” of “God waar is U?” m oet jy net onthou datGod is nie ’n “noodwiel” nie, Hy’s is nie maar net daar as jou eie plannetjies misluk nie, want God laat nie met Hom spot nie (Gal 6:7).
Ons groot doel op aarde is dat ander God se genade, liefde en barmartigheid in ons lewens sal kan sien. Ons wil dat die Heilige Gees, mense ook sal lei tot redding en is dit bloot net genade van God as jy op daardie punt in jou lewe kom, want as mens eers verstaan wat God se genadegawe behels, loop dit uit op dankbaarheid. Dan is jy ’n nuwe skepsel in God en sê God dat Sy genade vir jou is genoeg…(2 Pet 1:3). God verwag ook van ons om ook genade aan ander te betoon. Paulus skryf dat ons wat geestelik sterk is, moet die een wat geestelik swak is, help!. Dit noem mens genade aan ’n ander betoon. Dis wonderlik as jy besef dat jy moet liefde en barhartigheid hê as jy genade aan ander wil betoon, maar dis onbeskryflik om te besef dat God se liefde en barmhartigheid teenoor jou en my is so onvoorwaardelik groot en daarom is Sy genade so groot en genoeg vir ons, en daarom kan ons eenvoudig dit nie net vir onsself hou nie!!!
