Angs

Kom ons kyk bietjie na wat ANGS is – angs wat deur baie as die emosie van ons tyd beskryf word. Angs skep ‘n gevoel van vrees of bekommernis by ons. Sommige vrese en bekommernisse kan wel geregverdig voel, soos bv. om bekommerd te wee s oor ons geliefdes, dis menslike maar weet julle God is die enigste een wat iets kan doen, maar as jy angs verkeerd toelaat gaan dit jou lewe oorneem. 

 Angs wat soms ’n normale reaksie kan wees, kan in ‘n spanningsvolle situasie (situasieverwante-angs), op ‘n sekere tydstip in ons lewens, en net van korte duur wees bv of jy skrik of gly jy of jy hardloop oor die pad net voor die motor wat in aantog was, verby skiet. Dis die magtige angs wat jou gewoonlik inspireer om gevaar te vermy. God gee jou en my die vermoeë om te kan onderskei en die wysheid om met verantwoordelikheid op te tree. Ons almal beleef matig angstigheid van tyd tot tyd. Daar is talle voorbeeld in die Woord, maar een wat altyd vir my uitstaan is waar God aan Abram (Abraham) op nege en negentig jaarige ouderdom ’n groot nageslag belowe het. Ons lees immers in Lukas 1:37 dat niks by God onmoontlik is nie, en ek glo dat Abraham het denitief toe al geweet dis beter om alles aan God oor te gee, want God het nog elke keer deurgekom vir hom, bv soos toe hy Izak moes gaan offer. Ek glo hy was angstig, maar nogtans het hy vir God sy angs gegee en Hom vertrou. Ek en jy moet juis so ’n diep intieme verhouding met God hê dat ook ons met alle vrymoedigheid ons vertroue in God kan plaas, want soos al genoem het, kán slegs Hy iets aan jou situasie doen.

Voortdurende erge angs of neurotiese angs kán egter ‘n ernstige impak of effek op jou daaglikse lewe hê, veral as jy dit toelaat. So kom ek en jy gee daardie gevoel van angs en vreesagtigheid aan God oor want met tye voel ons dat noú druk die angs en vrees ons keel regtig toe, maar onthou net dis eintlik hoe Satan jou wil HÊ dat jy moet  voel. 

M.a.w as jy en ek alles vir God gee, het ons hoop, maar die ander kant is natuurlik ook waar, en dit is dat as jy dan voel jy’t God nie nodig nie, en jy draai jou rug op Hom, dan gaán jy erge neurotiese angs beleef, omdat jy vir Satan die deur wawyd oop los. Satan moet eers jou denke korrup maak en jou alle onwaarhede laat glo, om jou angstig te laat voel, dis hoekom God se wapenrusting (Ef 6:10-18) so belangrike is.

 Maar eers wil ek jou vra: ”Hoe word jy verlos?” …… maklik die Heilige Gees moet jou eers oortuig van die sonde in jou lewe. Jy moet ’n “mind-shift” onder gaan, en besef dat daardie neurotiese angs wat ’n oorweldigende gevoel van hulpeloosheid en stres by jou veroorsaak (en ons almal ondervind daardie gevoel soms), self al is die gevaar gering of glad nie eers daar nie, en die gevoel dat jy nie reg kan funksioneer nie, dat jy sukkel om probleme op te los en dat jou kommunikasie vermoeë is ondoeltreffend is, is maar net alles ’n volslae leun van Satan. En omdat jy so voel, begin jy jou nou onttrek, en is dit weer ’n pad wat na ’n bose kringloop lei.

Persone wat so voel (en miskien voel jy so) in der waarheid in konflik met hom/haar self. Moenie, dat as jy so voel, jy alleen probeer “struggle” nie. God sê nie vernuut nie, dat ons mekaar se laste moet dra nie. Gaan praat met iemand, maar die belangrikste erken dit, belei dit en praat met God. ’n Goeie voorbeeld wat ons daar wees vir mekaar beskryf is die voolbeeld van ’n kooltjie: “…as jy ’n kooltjie uit die vuur haal en eenkant alleen sit, gaan dit daar eenkant alleen dood. Net so verwag God dat ons daar sal wees vir mekaar want as jy soos daardie kooltjie self probeer “struggle” en jou angs en vrees probeer handteer gaan jy ook “geestelik dood” in jouself. As jou angstigheid egter oorgaan in benoudheid en besorgtheid gaan daar al klaar rooiligte af, omdat God beveel mos in Fillipense dat ons oor NIKS besorg moet wees nie,    maar hoekom bekommer ons, ons dan?

  1. Maar dis altyd goed om te weet waarvoor jy moet uitkyk – dinge of situasies wat angs kan veroorsaak. Die mense se persoonlikheid kan in drie dele ingedeel word, so is dit dan ook goed dat jy sal besef dat jy as mens is nie sommer net ’n oningewikkelde skepping nie.  
  2. Ons het ’n I.D. wat bestaan uit instinkte wat onmiddelike bevrediging eis. Soos ek al genoem het jy skrik of gly of iets. Jou I.D. is dus deel van jou persoonlikheid wat +mense om jou kan sien, en hoe jy optree ervaar.
  3. Daar’s jou EGO wat bewus van die wêreld daar buite en jou in voeling hou met die werklikheid. 
  4. Dan is daar jou SUPEREGO wat jou morele gevoel van reg of verkeerd is.

Noudat ons weet waaruit ons persoonlikhede bestaan kan kyk wat kan veroorsaak dat ons angstig of besorg raak oor iets:

  1. Wees op jou hoede dat jou I.D. nie só magtige word dat dit jou ego wil oorweldig nie.
  2.  Onthou die I.D. gedeelte moet slegs instinktief optree en NIE sosiaal en moreel onaanvaarbaar raak nie. 
  3. As daar bedreigings ontstaan wat dit wat vir jou belangrik is of jou waardes voel jy word ondermyn en die impak van onbewuste invloede, kan angs by jou skep. Ek wil egter noem dat ons moet onthou dat ons instinktief optree, dis hoe  jy geskep is. Maar God leer ons in Efesiërs 6:6-27 mooi dat as ons kwaad raak ons nie verkeerd moet optree nie, maar sodra ek en jy angstig raak of bedreig voel, raak ons kwaad en voor ons, ons kom kry tree ons verkeerd op.     
  4. Ook as daar gevaare soos misdaad, oorloë, opstande of selfs besoeke aandokters, tandartse ens. ek weet ek is bitterlik bang vir ’n tandarts. As ek aan een dink slaan ek uit koue sweet van angs, maar dan onthou ek dat God self daar saam my is. Maak nie saak wat maak jou angstig nie   
  5. As jou ego weer só bedreiging vir jou I.D. inhou sodat jy neurotiese angs begin beleef, bring dit konflik in jouself soos ek ook al genoem het. ’N persoon in konflik met hom/haarself is altyd ongelukkig en sonder hoop en liefde.
  6. As jy jou ego gaan toelaat om oor te neem, het mos ’n swak selfbeeld en is in konflik met hom/haarself. ‘n swak selfbeeld beteken net een ding en dit is dat JY WEET NIE WIE JY IN GOD IS NIE. Kom ek vertel jou gou dat jy’s uniek, spesiaal, ’n mede erfgenaam, ’n Koningskind en so kan ek aangaan maar die belangrikste is dat jy dit besef, want ’n swak selfbeeld veroorsaak angs
  7. Wanneer die ego só disfuksioneer, dan laat die superego jou skuldig voel i.p.v daarvan dat dit jou tussen goed en kwaad laat onderskei. Jy voel skuldig en skaam en dis wat bekend staan as imorele angs.

Similar Posts

  • Prayer

    Let’s look at the definition of prayer. In Exo 32:11 we learn that prayer is seeking God’s favour and therefore, we can see prayer as a deep appeal to God. The spiritual communication with God. Prayer is a form of worship – appealing through thanksgiving, respect and confession to God. According toJesus’s prayer should be…

  • Prayer Part 2: Spiritual Warfare

    For we are not fighting against flesh-and-blood enemies, but against evil rulers and authorities of the unseen world, against mighty powers in this dark world, and against evil spirits in heavenly places. Ephesians 6:12 Spiritual warfare is real, but luckily for us, God gave us the six necessary “tools” (weapons)  to protect us, because our fight…

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *